# Die Amerikaanse gesante, Steve Witkoff en Jared Kushner, sê hulle het betekenisvolle, omvangryke gesprekke met Oekraïne se president, Volodymyr Zelensky, gevoer. Gister se vergadering volg ná die gesante se drie uur lange onderhandelings Saterdag in Moskou met die Russiese president, Vladimir Putin. Zelensky en Putin het ingestem om drie dae lank aanvalle op mekaar […]
# Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, sê die beste manier om gevalle beamptes te vereer, is om ʼn polisiediens te bou wat gegrond is op professionaliteit, dissipline, integriteit en dapperheid. Dit was gister die jaarlikse nasionale SAPD-herdenkingsdag in Pretoria, waar 12 beamptes wat tussen April verlede jaar en Maart vanjaar dood is, vereer […]
# Krieket: Die Proteas het ʼn oortuigende oorwinning oor Zimbabwe behaal om die T20-drienasiesreeks in Windhoek, Namibië, te wen. Jordan Hermann het sy eerste T20-vyftigtal behaal en Suid-Afrika met 53 van 29 balle gehelp om 205 vir vyf op die telbord te plaas. Daarna het Bjorn Fortuin en Duan Jansen elkeen drie paaltjies platgetrek en […]
# Die Gautengse Departement van Onderwys het 805-duisend-688 aanlyn aansoeke vir graad 1 en 8 vir die 2027 akademiese jaar ontvang. ‘n Totaal van 357-duisend-468 ouers en voogde het op die aanlyn toelatingstelsel geregistreer. Op graad 1-vlak het Laerskool Akasia die meeste aansoeke ontvang met een-duisend-355, terwyl Hoërskool Langenhoven in Tshwane die meeste aansoeke vir […]
# President Cyril Ramaphosa sê die Suid-Afrikaanse Polisiediens tree tans onder ‘n ongekende openbare soeklig op, gegewe die onthullings wat uit die Madlanga-kommissie na vore gekom het. Hy het gister die geleentheidsrede gelewer by die SAPD-herdenkingsdag by die Uniegebou in Pretoria. Twaalf beamptes is tussen April verlede jaar en Maart vanjaar in die uitvoering van […]
# Rugby: Die Springbokke en die All Blacks sal Saterdag sonder die sleutelspelers Cheslin Kolbe en Ardie Savea opdraf in die laaste toets in Baltimore, VSA. Kolbe het ‘n gebreekte kakebeen opgedoen in Suid-Afrika se 29-24 oorwinning in die derde toets in Johannesburg, terwyl kaptein Savea sy regterskouer ontwrig het. Die Springbok-stutte Carlu Sadie, Boan […]
# Die Activists and Citizens Forum sê die kandidaatregistrasiegeskil tussen die ANC en die Verkiesingskommissie sal die kommissie se geloofwaardigheid toets. Die ANC hou vol dat hulle hul kandidaatlyste betyds ingedien het, maar tegniese probleme ondervind het. Die OVK ontken enige stelselprobleme, maar die ANC eis ‘n ondersoek en het gedreig om die Verkiesingshof te […]
# ActionSA het kommer uitgespreek oor berigte dat die DA oorweeg om die Kaapse raadslid Abdulkader “AK” Elyas na die Parlement of die Wes-Kaapse Wetgewer te bevorder. Die voorsitter van ActionSA in die Wes-Kaap, Dereleen James, sê Elyas is skuldig bevind in ‘n interne DA-tugproses aan die vervalsing van kwalifikasies en oneerlikheid. James doen ‘n […]
# Suid-Afrika se toerismebedryf ervaar die uitwerking van die Iran-oorlog, aangesien ontwrigtings in Midde-Oosterse lugroetes internasionale vlugte verminder. Besoekersgetalle uit China het jaar-op-jaar met 20-persent afgeneem, met ongeveer 40-persent van geskeduleerde Chinese sitplekke na Suid-Afrika wat verlore gegaan het. Bedryfsleiers sê reisigers wend hulle tot alternatiewe roetes, terwyl hoër brandstofkoste en vliegtuigkaartjies steeds kommer wek. […]