# Die premier van KwaZulu-Natal, Thamsanqa Ntuli, vra vir voortgesette steun vir gesinne wat geraak is deur ‘n dodelike botsing naby Mtubatuba waarin 11 mense gister dood is. Die regeringswoordvoerder, Bongani Gina, sê ‘n minibus-taxi en ‘n vragmotor het reg van voor gebots in die Nkodibe-gebied. Hy sê die taxi het aanhangers van Maskandi-musiek vervoer […]
# Forum for South Africa verwelkom die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, se oproep vir dringende hervorming van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad en die breër wêreldwye bestuurstelsel. Leier Tebogo Mashilompane sê Afrika dra ‘n buitensporige las van konflikte wat deur die Veiligheidsraad bespreek word terwyl die vasteland nie oor permanente verteenwoordiging […]
# Die IVP-leier Velinkosi Hlabisa doen vra vir ‘n dringende en deurtastende ondersoek na die N2-ongeluk by KwaShikishela, Mtubatuba, waarin 11 mense dood en agt beseer is. Hy sê die owerhede moet vasstel of die minibus-taxi en die vragmotor padwaardig en behoorlik onderhou was, en of hulle aan veiligheidsregulasies voldoen het. Hlabisa sê enigiemand wat […]
# Die Vryheidsfront Plus doen ‘n beroep op inwoners van Kaapstad om voor Dinsdag se sperdatum deel te neem aan openbare gesprekke oor die Stad se konsepverordening oor die aanhou van diere. Pieter Jansen van Vuuren van die party sê die voorgestelde wetgewing sal diere-eienaars en die breër gemeenskap regstreeks raak, terwyl dit wetstoepassingsbeamptes groter […]
# Die Departement van Landbou vra Suid-Afrikaners om te help met die stryd teen hondsdolheid deur verantwoordelike troeteldierbesit, inenting en vinnige optrede ná moontlike besmetting. Die land gedenk Wêreldhondsdolheidsdag onder die tema “Sterker Saam”. Die woordvoerder Prince Mtsweni sê 15 mense is sedert Januarie aan hondsdolheid dood. Hy sê 115 laboratorium-bevestigde gevalle by diere is […]
# Die Stad Kaapstad se Brand- en Reddingsdiens sê spanne monitor en blus die opflikkering van brande langs vuurlyne nadat ‘n groot veldbrand in die rigting van Kogelbaai en Gordonsbaai versprei het. Woordvoerder Michael Abrahams sê die terrein het dele van die brand ontoeganklik gemaak vir brandbestrydingspanne, wat voortgaan om die brand te monitor. Hy […]
# Pous Leo die 14de het die entoesiasme, energie en toewyding geprys wat jongmense na die Katolieke Kerk bring, terwyl groot skares ‘n buitelugmis in Parys bygewoon het. Na raming het 700-duisend mense saamgetrek vir die mis wat deur die Pous by ‘n spesiale altaar op die Place de la Concorde gelei is . Dit […]