# Die IVP-leier Velinkosi Hlabisa doen vra vir ‘n dringende en deurtastende ondersoek na die N2-ongeluk by KwaShikishela, Mtubatuba, waarin 11 mense dood en agt beseer is. Hy sê die owerhede moet vasstel of die minibus-taxi en die vragmotor padwaardig en behoorlik onderhou was, en of hulle aan veiligheidsregulasies voldoen het. Hlabisa sê enigiemand wat verantwoordelik gehou word vir nalatigheid, oortredings van regulasies of meganiese defekte, moet aangekla word. Hy sê aanspreeklikheid moet verder as net die bestuurder strek:
IVP vra vir ondersoek na N2-ongeluk by Mtubatuba waarin 11 mense dood is [KLANK]
ENG HlabisaONCrash