# Rugby: Springbok-hulpafrigter Mzwandile Stick sê die Bokke berei voor vir ‘n strawwe stryd teen die Wallabies vandag in Perth, met die afsluiting van die deel van hul internasionale seisoen. Stick sê hy is opgewonde ander spelers kry ‘n geleentheid ná ‘n uitmergelende vier weke teen die All Blacks. Veral spelers soos Canan Moodie en […]
# Die polisie in Gauteng is op soek na agt onbekende gewapende mans ná ‘n dodelike skietvoorval gisteraand by ‘n taverne in Wedela-Uitbreiding 3, in die Wes-Rand-distriksmunisipaliteit. Altesaam 17 mense is doodgeskiet en 15 gewond. Kliënte het binne en buite die taverne gekuier toe die verdagtes opgedaag en op die mense buite losgebrand het. Hulle […]
# Die leier van die Afrika Mayibuye Movement, Floyd Shivambu, sê die party neem aan die komende plaaslikeregeringsverkiesing deel om werkloosheid en gebrekkige basiese dienste aan te spreek. Tydens die bekendstelling van die party se verkiesingsmanifes in Tembisa, Ekurhuleni, het Shivambu gesê munisipaliteite moet werk skep, vaardighede ontwikkel en produktiewe plaaslike ekonomieë bou. Hy sê […]
# Die leier van die Patriotic Alliance, Gayton McKenzie, sê die party beplan om onwettige immigrasie uit te wis en kwessies rondom eiendomsbesit landwyd aan te spreek. McKenzie het tydens die bekendstelling van die PA se plaaslikeregeringsverkiesingsmanifes in Bloemfontein gesê munisipaliteite moet die toepassing van verordeninge versterk en plaaslike sakeondernemings reguleer. Hy sê die party […]
# Die organisasie, Missing in Southern Africa, waarsku teen die toenemende plasing van ongetoetste inligting oor vermiste persone op sosiale media en boodskap-platforms. Die organisasie sê wanneer inligting geplaas word sonder om dit met familie en die polisie te koördineer, kan dit verwarring veroorsaak, ondersoeke vertraag en druk op families en die polisiebeamptes plaas. MISA-woordvoerder, […]
# Iran het vandag daarop aangedring dat slegs diplomasie die konflik met die Verenigde State en Israel kan oplos. Dit volg nadat president, Donald Trump, Vrydag gesê het dat hy ‘n Iranse voorstel om die Straat van Hormoes te heropen en die konflik te beëindig, van die hand gewys het. Die Iranse minister van Buitelandse […]
# Die DA in Tshwane sê hy het ‘n meerderheid van 50-persent plus een nodig om ‘n einde te bring aan koalisie-onbestendigheid en die metro alleen te regeer ná die komende plaaslikeregeringsverkiesing. Cilliers Brink van die party sê hy verwag dat die ANC en ander partye, sonder daardie mandaat, sal probeer om die DA se […]