# Die leier van ActionSA, Herman Mashaba, sê die party verklaar oorlog teen die ineenstorting van plaaslike regering in Suid-Afrika. Hy het gepraat tydens die bekendstelling van die party se plaaslikeregeringsverkiesingsveldtog in Johannesburg. Mashaba sê ActionSA wil ‘n einde bring aan wat hy ‘n kultuur van verskonings, korrupsie en onbevoegdheid noem, omstandighede waaronder miljoene mense […]
# COSATU vra dringende befondsing vir die Departement van Indiensneming en Arbeid se plan om nog 10-duisend arbeidsinspekteurs te werf. Die vakbondfederasie se woordvoerder Matthew Parks sê dit sal pogings versterk om toe te slaan op oortredings van Suid-Afrikaanse en migrante-werkers se arbeidsregte. Hy wil ook hê die regering, sakesektor en georganiseerde arbeid moet gereeld […]
# Rugby: Die Springbok-vroue het ‘n oortuigende oorwinning van 41-29 oor Italië in die W-15 Global Series in Pordenone behaal. Suid-Afrika het ses drieë teenoor Italië se vier gedruk; Anushka Groenewald het twee keer gaan druk, terwyl Byrhandre Dolf, Maria Tshiremba, Micke Gunter en Logan Welman ook die doellyn oorgesteek het. Die Bokke het teen […]
# Motorsport: George Russell het gister die 2026-Azerbeidjanse Grand Prix op die Baku-stadskring gewen in ‘n chaotiese wedren wat deur botsings gekenmerk is. Die Mercedes-renjaer het sy eerste wegspringplek in ‘n oorwinning omskep en Max Verstappen, se poging laat in die wedren, met ‘n skamele tiende van ‘n sekonde getroef. Isack Hadjar van Red Bull […]
# Sokker: Bafana Bafana het hul kwalifiserende veldtog vir die 2027-Afrikabeker-toernooi met ‘n oorwinning van 2-1 oor Guinee op die Orlando-stadion in Soweto afgeskop. Ime Okon het die telling in die 30ste minuut geopen en aan Suid-Afrika ‘n voorsprong van 1-0 teen rustyd besorg. Die plaasvervanger Samukelo Kabini het die wendoel aangeteken nadat Seydouba Cisse […]
Rugby: Suid-Afrikaanse spanne het skoonskip gemaak in die openingsronde van die Verenigde Rugbykampioenskap. Die Leeus het die verdedigende kampioene, Leinster, met 27-26 op Ellis Park geklop, met Erich Cronjé wat twee van hul drie drieë gedruk het. Die Haaie het die Ospreys met 41-24 in Durban verslaan en vyf drieë gedruk, waaronder twee deur Luan […]
# President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika lok wêreldwye beleggings namate die regering infrastruktuurontwikkeling versnel om die ekonomie te laat groei. Ramaphosa het tydens die bekendstelling van die ANC se “Asiy’ekhaya“-plaaslikeverkiesingsveldtog in eThekwini, gesê die regering het die bedrywighede by die Durban-hawe omgekeer, en beleggers sien vooruitgang regoor die land. Hy sê meer beleggings sal werkskepping […]
# COSATU verwelkom die Wysigingswetsontwerp op Indiensnemingsdienste se voorlegging in die Parlement en sê dit spreek die indiensneming van onwettige migrante-werkers aan. Die wetsontwerp sal die minister van Indiensneming en Arbeid, Nomakhosazana Meth, toelaat om beperkings te stel op die getal gedokumenteerde migrante-werkers in ʼn werksplek, streek, sektor of beroep. COSATU-woordvoerder Matthew Parks sê dis […]
# Eskom sê hy handhaaf 6-duisend-571 megawatt opwekkingsvermoë in reserwe weens oormaat kapasiteit en dit dra by tot stelselsekerheid. Beplande instandhouding bly ʼn prioriteit en die verliesfaktor weens beplande onderhoud is gemiddeld 13,83-persent, wat meer is as die 10,71-persent in dieselfde tydperk verlede jaar. Eskom se woordvoerder Daphne Mokwena sê die nutsdiens het ook sy […]