# City Power sê hy verskerp veiligheidsmaatreëls om diefstal en vandalisme van elektrisiteit-infrastruktuur te bekamp. Dit volg nadat drie verdagtes die afgelope week in twee afsonderlike voorvalle in Lawley en Wes-Turffontein vasgetrek is. Die nutsdiens sê 148 verdagtes is tussen Januarie en September in hegtenis geneem weens vermeende peutery met elektriese infrastruktuur. In die 2024/2025-boekjaar […]
# Burgerlike samelewingsgroepe dring aan die regering moet sy goedkeuring herroep vir die betrokkenheid van die Israeliese maatskappy Navitas Petroleum by olie-eksplorasie in die seegebied van die Oranje-bekken. Die South African Boycott, Divestment and Sanctions Coalition, die Masifundise Development Trust, Natural Justice en die Climate Justice Coalition is van die groepe wat kommer uitspreek oor […]
# Polisie het ʼn 38-jarige man gearresteer wat moontlik verbind kan word met talle verkragtingsgevalle sedert 2012 in Gauteng en Noordwes. Joseph “Papi” Mokgwetsi is Woensdag in Vryburg in hegtenis geneem. Die polisiewoordvoerder, Majang Skalkie, sê DNS-bewyse verbind hom positief met drie verkragtingsgevalle in Kanana, Huhudi en Vaalpart tussen 2012 en 2022. Sy sê die […]
# Die polisie ondersoek ʼn moord nadat ʼn vrou se liggaam vanoggend in Tembisa-Suid se Vusimusi-gebied in Ekurhuleni gevind is. Die ontdekking volg na nege vroue se liggame die afgelope twee maande in Kemptonpark en omliggende gebiede ontdek is. Die polisiewoordvoerder, Brenda Muridili, sê ondersoekers is op die misdaadtoneel:
# ActionSA het die Verkiesingskommissie gevra om ondersoek in te stel na die beweerde verwydering van sy verkiesingsplakkate deur individue wat volgens die party deur die DA gehuur is of in hulle belang optree. Dit volg na ʼn video op X waar twee mense blykbaar ActionSA-plakkate verwyder en DA-plakkate opsit. ActionSA-voorsitter Michael Beaumont sê die […]
# Die Suid-Afrikaanse Kommunistepartye vra dat die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, onmiddellik heraangestel word nadat vier aanklagte van oortreding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur teen hom teruggetrek is. Die Nasionale Vervolgingsgesag sê daar is tydens ʼn hersiening geen redelike vooruitsigte op ʼn suksesvolle vervolging gevind nie. Die SAKP verwelkom die besluit en sê […]
# Die DA sê hy is bekommerd oor tekorte aan voorbehoedmiddels by verskeie gesondheidsfasiliteite, terwyl die Departement van Gesondheid voorberei om op die eerste van volgende maand na ‘n nuwe nasionale verskaffingskontrak oor te skakel. Volgens die party is voorbehoedmiddels wat algemeen gebruik word, insluitend daaglikse pille soos Triphasil en Nordette, nie by verskeie klinieke […]