# Die Vereniging van Staatsamptenare sê onderwysers in Noordwes het die reg om in ‘n veilige omgewing te werk. Dit volg op die voorval verlede week waar ‘n adjunkhoof by die Mammutla Secondary School met ‘n mes gesteek is. Die vakbond doen ‘n beroep op die provinsiale Onderwysdepartement om sekuriteit te versterk, insluitend beheerde toegang, […]
# Tennis: Die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner, het aan volgende week se Chinese Ope in Beijing onttrek, wat sy terugkeer tot mededingende tennis nog verder vertraag. Die Italianer is sedert sy oorwinning op Wimbledon in Julie weens ‘n kniebesering buite aksie wat hom ook die Amerikaanse Ope laat misloop het. Sinner sê sy knie is nog […]
# Die Grensbestuursowerheid en Suid-Afrikaanse Inkomstediens sê meer as een-duisend-800 vragmotors is in ʼn enkele dag by die Lebombo-grenspos in Komatipoort, Mpumalanga, verwerk. Dit word toegeskryf aan ʼn voortslepende opeenhoping. Die owerheid se woordvoerder, Mmemme Mogotsi, sê hulle werk saam met Mosambiekse owerhede en ander rolspelers om die deurgang van verkeer te verbeter terwyl grens- […]
# Die parlementêre portefeuljekomitee oor Maatskaplike Ontwikkeling veroordeel die aangemelde intimidasie van SASSA se Oos-Kaapse streekbestuurder, Bandile Maqethuka, in kuGompo. Maqethuka sê die intimidasie hou verband met SASSA se operasies om meer as 10-miljoen-rand terug te kry wat volgens berigte van die agentskap se stelsel gesteel is. Die komiteevoorsitter, Bridget Masango, sê dreigemente van hierdie […]
# Iran wag op Amerika se amptelike reaksie op sy voorstel om die Straat van Hormoes te heropen en gevegte in die groter Midde-Oosterse oorlog te beëindig. Intussen berig die Wall Street Journal president Donald Trump het die voorstel verwerp. Iran het die diplomatieke inisiatief by die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in New York […]
# COSATU verwelkom die verlenging van die Eskom-raadsvoorsitter, Mteto Nyati, se kontrak. Die vakverbond loof Nyati, die vorige raad, uitvoerende hoof Dan Marokane en Eskom-werkers vir wat hy noem ʼn reusepoging om beurtkrag te oorwin. COSATU-woordvoerder Matthew Parks sê hulle bly gekant teen Eskom se ontbondeling en waarsku dit kan die nutsdiens se vordering ondermyn, […]
# Die Nasionale Taakspan oor Seksuele Oriëntasie, Gender-identiteit, -uitdrukking en -geslagseienskappe vra ʼn strenger en gekoördineerde strafreg-reaksie op geslagsgeweld en vrouemoord. Dit volg nadat nege vroue se liggame die afgelope twee maande in Kemptonpark en omliggende gebiede in Ekurhuleni gevind is. Die taakspan sê die moorde beklemtoon die verband tussen vrouehaat, gewelddadige diskriminasie, vrouemoord en […]
# Eskom het die tweede agtereenvolgende week ʼn energiebeskikbaarheid-syfer van 70,4-persent aangeteken wat sy hoogste in ses jaar is. Suid-Afrika het ook 498 agtereenvolgende dae geen beurtkrag gehad nie. Die laaste beplande onderbrekings was verlede jaar in Mei. Eskom-woordvoerder Daphne Mokwena sê die nutsdiens versterk die land se energiesekerheid deur beter bedryfs- en finansiële volhoubaarheid:
# Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, het ʼn oorsigbesoek aan Ekurhuleni gebring om die polisie se gereedheid en vermoë op stasie-vlak te bepaal. Hy het die polisiekantore in Kemptonpark en Tembisa besoek en gefokus op geslagsgeweld, vrouemoord en ondersteuning aan slagoffers. Die ministerie se woordvoerder, Kamogelo Mogotsi, sê Cachalia het ná die onlangse […]