# Die Hooggeregshof in Johannesburg het uitspraak voorbehou in die moordverhoor van Bafana Mahungela, wat daarvan beskuldig word dat hy die Sandton-onderwyseres Kirsten Kluyts vermoor het. Kluyts is in Oktober 2023 vermoor terwyl sy aan ‘n atletiekbyeenkoms deelgeneem het. Die staat beweer sy is met ‘n stomp voorwerp aangeval en verwurg. Mahungela staan tereg op […]
# Tennis: Die verdedigende enkelspelkampioene Carlos Alcaraz en Aryna Sabalenka is gister gemaklik deur na die laaste 16 van die Amerikaanse Ope, terwyl tennis-ikone Serena en Venus Williams ‘n nederlaag gely het in hul langverwagte terugkeer na Grand Slam-dubbelspel. Alcaraz het Wu Yibing van China in drie stelle geklop om sy plek in die vierde […]
# Die Speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, het die MK-party se oproep verwerp om die RISE Mzansi-parlementslid, Makashule Gana, as voorsitter van die Parlement se Artikel 89-ampsklagkomitee te verwyder. Die MK se parlementêre leier, John Hlophe, voer aan Gana is nie onpartydig nie, omdat sy party deel is van die Regering van Nasionale […]
# Gholf: Christiaan Bezuidenhout is die enigste Suid-Afrikaner wat later die maand gaan deelneem aan die Presidentsbeker in Illinois, Amerika. Die toernooi word beslis tussen die Internasionale Span en Amerika op die Medinah-baan vanaf die 22ste. Internasionaal word aangevoer deur die Australiër Geoff Ogilvy en sluit spelers in soos Ryan Fox van Nieu-Seeland, Tom Kim […]
# Die parlementêre leier van die MK-party, John Hlophe, sê die party wil hê die voorsitter van die Artikel 89-ampsklagkomitee, Makashule Gana, moet homself onttrek omdat sy party, Rise Mzansi, deel is van die Regering van Nasionale Eenheid. Hlophe het in ‘n onderhoud met die SABC gesê daar is kommer oor Gana se onafhanklikheid in […]
# Johannesburg se Noodbestuursdienste vra inwoners om waaksaam te bly te midde van donderstorms, swaar reën, sterk wind en hael wat oor dele van die stad verwag word. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ‘n Vlak Twee-waarskuwing uitgereik vir erge donderstorms wat die hele naweek sal voortduur. Nooddienste-woordvoerder Kagiso Phasha maan motoriste om stadiger te ry, veilige […]
# Rugby: Bok-kaptein Siya Kolisi sê die span beskou vandag se derde toets teen die All Blacks as die beslissende wedstryd van die reeks, wetende dat as hulle verloor, is nie net nie die reeks daarmee heen nie, maar hulle sou dan ook twee uit drie keer tuis verloor het. Kolisi sê hulle wil nie […]
# Die busmaatskappy, Putco sê sy bedryfsuitgawes het van 25- tot 35-persent gestyg na Woensdag se brandstofprysverhoging. Die maatskappy waarsku pendelaars kan in die komende maande nog ‘n tariefverhoging ervaar, veral as gevolg van hoër dieselkoste. Putco het tariewe in Junie met tien-persent verhoog. Die woordvoerder, Lindokuhle Xulu sê brandstofbesteding het van ongeveer 42-miljoen-rand tot […]