Skip to content

Staatsdiensvakbond dring aan op beter sekuriteit na aanval op adjunk-skoolhoof in Noordwes

# Die Vereniging van Staatsamptenare sê onderwysers in Noordwes het die reg om in ‘n veilige omgewing te werk. Dit volg op die voorval verlede week waar ‘n adjunkhoof by die Mammutla Secondary School met ‘n mes gesteek is. Die vakbond doen ‘n beroep op die provinsiale Onderwysdepartement om sekuriteit te versterk, insluitend beheerde toegang, meer sekuriteitspersoneel en vinniger reaksie op dreigemente. Zhulfa Graaff van die vakbond sê onderwysers het ook behoorlike sielkundige ondersteuning nodig na hulle aan geweld en trauma blootgestel is.