# Die spesialis K9-maatskappy Luna Hounds sê opgeleide honde help Macadamia-boere om plae op te spoor voordat hulle sigbaar word. Robynne Oosthuizen het aan Engineering News gesê, honde wat opgelei is om reukopsporing te doen kan ‘n spesifieke dopluis-insekbesmetting identifiseer met ‘n gerapporteerde 99-persent akkuraatheid, wat produsente in staat stel om behandeling te teiken en […]
# Die Dierebeskermingsvereniging se Nasionale Raad ondersoek die SAPD-hond, Sky, se dood by die Roodeplaat-fasiliteit in Pretoria. Die raad sê hy het inspeksie gedoen by die fasiliteit, maar wag nog vir noodsaaklike inligting en dokumente voor die ondersoek afgehandel kan word. Intussen het die voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor Polisie, Ian Cameron, gesê die […]
# Sokker: Die Johannesburgse Metropolisie waarsku motoriste oor aansienlike verkeersontwrigting vandag in Orlando, Soweto, voor die Bafana Bafana-wedstryd teen Guinee by die Orlando-stadion. Padsluitings begin om 10:00 en sal roetes soos die N17, Soweto-hoofweg, Klipspruit Valley-weg, Martha Louw-straat en Mooki-straat raak. Xolani Fihla van die JMPD doen ‘n beroep op motoriste om hul roetes te […]
# Die parlementêre portefeuljekomitees oor Elektrisiteit en Energie; Bosbou, Visserye en die Omgewing; en Water en Sanitasie het kommer uitgespreek oor voortgesette grondwaterbesoedeling wat met bronne by Eskom se Kusile-kragstasie verbind word. Die komitees noem herhaalde swak watergehalte, damme wat besoedeling moet beheer wat toeslik, beskadigde dam-voerings, en swakhede in die stasie se geslotekring-waterbestuurstelsel. Eskom […]
# Die regering en die Nuwe Ontwikkelingsbank het ‘n leningsooreenkoms ter waarde van ongeveer drie-miljard-rand aangegaan om ‘n grootmaatwatervoorsieningsprojek in Limpopo te ondersteun. Die befondsing sal aangewend word vir die eerste fase van die Olifants-bestuursmodelprogram. Die projek sal water aan gemeenskappe en nywerheidsverbruikers in die Mogalakwena-munisipaliteit voorsien, uit die Flag Boshielo-dam in die Olifantsrivier. Die […]
# Die vakverbond SAFTU vra president Cyril Ramaphosa om die voorkomende skorsing van die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, op te hef. Die aanklagte teen Masemola oor die SAPD-tender aan Medicare24 is Dinsdag in die Pretoriase landdroshof teruggetrek nadat die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging bevind het daar is geen redelike vooruitsig vir ʼn suksesvolle vervolging […]
# Die Internasionale Lugvervoer-vereniging doen ‘n beroep op sterker en meer gekoördineerde sifting regoor die lugvrag-voorsieningsketting om gevaarlike goedere wat nie verklaar is nie of verkeerd aangedui is, op te spoor. IATA sê ongeveer 80-persent van die voorvalle met gevaarlike goedere wat in die eerste helfte van verlede jaar aangemeld is, hou verband met versteekte […]