# Old Mutual se OM Bank wat in Augustus verlede jaar bekendgestel is, is op koers om teen die einde van hierdie maand een-miljoen klante in te kry. Old Mutual se besluit om die bank te begin, is om weer met Sanlam te kan meeding wat goedkeuring gekry het om teen die eerste kwartaal van […]
# Die GOOD-party staan die DA se aansoek by die Verkiesingshof teen, waarin die DA GOOD se kandidatelyste vir die plaaslike verkiesing op 4 November betwis. GOOD voer aan sy lyste vir proporsionele verteenwoordiging, wat uit enkele kandidate bestaan, is deur die Verkiesingskommissie gesertifiseer en voldoen aan die wet. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê […]
# Cupcakes of Hope doen ‘n beroep op Suid-Afrikaners om vandag, vir Nasionale Kolwyntjiedag, “Cupcake Angels” te word. Meer as 80 winkelsentrums, asook skole, werkplekke en gemeenskappe, sal deelneem deur kolwyntjies te bak en te verkoop om fondse in te samel vir kinders met kanker en hul gesinne. Die stigter van die organisasie, Sandy Cipriano, […]
# Sokker: Die afrigter van Banyana Banyana, Desiree Ellis sê kwalifisering vir die Olimpiese Spele van 2028 in Los Angeles is ‘n prioriteit nadat Suid-Afrika die 2027-FIFA-Wêreldbeker vir vroue en die 2026-Afrikabeker vir vroue misgeloop het. Ellis het haar span aangekondig vir die wedstryde teen Madagaskar wat op 9 en 13 Oktober in Bloemfontein plaasvind. […]
# Rugby: Die Stormers het hul Verenigde Rugbykampioenskap-openingswedstryd gisteraand teen Connacht in Galway met 29-15 gewen. Die span van Kaapstad het met 10-nul voorgeloop voor twee drieë laat in die eerste helfte hul Ierse gashere teen rustyd ʼn 12-10-voorsprong gegee het. Die Stormers het met die plaasvervanger-stut, Sazi Sandi se hulp teruggeveg, voordat laat drieë […]
# ʼn Volskaalse oorlog het in Ethiopië uitgebreek nadat sewe rebelle-groepe ʼn massiewe koalisie gevorm het om die federale regering omver te werp. Dit word aangevoer deur die Tigray People’s Liberation Front, en die alliansie sluit nou ook Amhara se Fano-soldate en die Oromo Liberation Army in. Rebellemagte het drie strategiese lughawens in Tigray oorgeneem […]
# Die Verkiesingskommissie verwelkom die Verkiesingshof se besluit om die MK-party se uitdaging oor die integriteit van die verkiesinguitslagstelsel van die hand te wys. Die party het die stelsel vir die 2024-verkiesingsresultate betwis en wou hê die verkiesing moes as nie vry en regverdig verklaar word. Die OVK gaan nou ‘n onafhanklike oudit finaliseer, terwyl […]
# Die Wes-Kaapse LUR vir Mobiliteit, Isaac Sileku, sê Golden Arrow Bus Services se geteikende tariefaanpassing sal help om die impak op pendelaars te beperk, veral diegene wat reeds met stygende lewenskoste te kampe het. Van Maandag af sal sekere kontanttariewe buite spitstye met gemiddeld 4,5-persent styg, terwyl tariewe vir “Gold Card“-multi-rit-kaarte en die meeste […]
# Krieket: Die Proteas kan môre in die tweede wedstryd in Johannesburg die reeks van drie eendagwedstryde teen Australië beklink, ná ‘n oortuigende oorwinning in die eerste wedstryd in Durban. Matthew Breetzke, wat op Kingsmead ‘n honderdtal aangeteken het, sê die span het hul staal getoon al was vier beseerde snelboulers nie beskikbaar nie. Die […]