# Rugby: Die Stormers het hul Verenigde Rugbykampioenskap-openingswedstryd gisteraand teen Connacht in Galway met 29-15 gewen. Die span van Kaapstad het met 10-nul voorgeloop voor twee drieë laat in die eerste helfte hul Ierse gashere teen rustyd ʼn 12-10-voorsprong gegee het. Die Stormers het met die plaasvervanger-stut, Sazi Sandi se hulp teruggeveg, voordat laat drieë deur Vernon Paulo en Ezekiel Ngobeni die bonuspunt-oorwinning beklink het. Warrick Gelant het ook punte bygedra vir die Stormers, wat volgende teen Edinburgh in Skotland te staan kom.
Rugby: Stormers veg terug en wen eerste VRK-wedstryd teen Connacht