# Old Mutual se OM Bank wat in Augustus verlede jaar bekendgestel is, is op koers om teen die einde van hierdie maand een-miljoen klante in te kry. Old Mutual se besluit om die bank te begin, is om weer met Sanlam te kan meeding wat goedkeuring gekry het om teen die eerste kwartaal van 2027 bankdienste in vennootskap met GoTyme Bank aan te bied. Die uitvoerende hoof van OM Bank, Clarence Nethengwe, sê die belangrikste dryfveer vir hul toetrede tot die banksektor was die samevloeing wat tussen bankwese en versekering in die mark plaasvind.
Old Mutual se OM Bank op koers om teen einde September een-miljoen klante in te kry