# Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê City Power se besluit om elektrisiteitsinkomste af te sonder, is ‘n stap in die rigting van ‘n verbeterde elektrisiteitsnetwerk vir Johannesburg. Inwoners moet egter sien dat die geld wel aangewend word om die kragnetwerk te verbeter. Vanaf die eerste van volgende maand sal 70-persent van die elektrisiteitsinkomste wat deur […]
# Die Amerikaanse president, Donald Trump, het tydens ‘n vergadering met Japan se premier, Sanae Takaichi, kommer uitgespreek oor die swak jen. Volgens Japan se minister van Finansies, Satsuki Katayama, het Takaichi gesê ‘n ondergewaardeerde jen is problematies. Die twee leiers het ontmoet tyden die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering. Katayama sê hulle het ‘n […]
# Die Gautengse Departement van Gesondheid sê die lae gebruik van voorbehoedmiddels dra steeds by tot onbeplande swangerskappe in die provinsie. Tussen April en Junie vanjaar het slegs 32-persent van kwalifiserende vroue toegang tot voorbehoeddienste gekry, wat onder die teiken van 43-persent is. Steve Mabona van die Departement sê wanopvattings oor newe-effekte en onvrugbaarheid is […]
# Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika het Siphamandla Mthethwa van begin November aangestel as sy nuwe uitvoerende hoof. Hy keer terug nadat hy tydens die Covid-19-pandemie as finansiële hoof gedien het. Mthethwa is ‘n geoktrooieerde rekenmeester en beskik oor ervaring in korporatiewe finansies, tesourie- en risikobestuur. Die maatskappy se raad sê in ‘n verklaring Mthethwa keer […]
# Die Madlanga-kommissie se getuienisleiers het aansoek gedoen vir ‘n gedeeltelike verhoor agter geslote deure om WhatsApp-kommunikasie en regsreaksies wat met die voormalige adjunkhoof van Misdaadintelligensie, Feroz Khan verbind word, te oorweeg. Hulle sê die bekendmaking van sekere inligting kan sensitiewe misdaadondersoeke en operasionele sekuriteit in die gedrang bring. Die bewyse sluit in gesprekke wat […]
# Statistiek Suid-Afrika sê siviele skuldgevalle het in die drie maande tot Julie toegeneem vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar. Die aantal siviele dagvaardings wat vir skuld uitgereik is, het met 3,9-persent gestyg, terwyl siviele vonnisse met 7,6-persent toegeneem het. Vhonani Kwinda van Stats SA sê die syfers dui op voortdurende druk op verbruikers wat […]
# Die verpleegvakbond DENOSA het sy president, Simon Hlungwani, gelukgewens nadat hy as vise-president van die Statebond-federasie vir Verpleegkundiges en Vroedvroue verkies is. Hlungwani is tydens die federasie se 27ste tweejaarlikse vergadering in Nieu-Delhi, Indië, verkies. DENOSA-woordvoerder, Sibongiseni Delihlazo, sê die federasie beïnvloed gesondheidsbeleid en ontwikkel verpleeg- en vroedvrou-vermoëns in sy 53 Statebond-lidlande: