# Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Nywerheidsgasverbruikers vra vir die ontwikkeling van alternatiewe vloeibare aardgas-infrastruktuur met die land wat reeds ‘n gastekort beleef. Die vereniging se uitvoerende hoof, Jaco Human, waarsku nywerheidsverbruikers kan later in die dekade minder voorraad uit Mosambiek ontvang. Meer as 300 nywerheidsgasverbruikers in Gauteng en Mpumalanga kan tekorte ondervind, namate Sasol sy […]
# Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, sê daar is geen bewyse nie dat die hoof van die Presidensiële Beskermingseenheid, Wally Rhoode, ná die diefstal in 2020 op president Cyril Ramaphosa se plaas, Phala Phala, in Limpopo, die saak probeer keer het. Chachalia het in ‘n skriftelike antwoord op ‘n vraag deur die EFF, […]
# Die akteurs Susan Sarandon en Hannah Einbinder was onder meer as 100 mense wat gister deur die polisie in New York aangehou is tydens ‘n betoging buite die Verenigde Nasies. Die betoging, wat deur die Jewish Voice for Peace, gereël is,het beswaar gemaak teen die besoek van die Israeliese eerste minister Benjamin Netanyahu en […]
# Rugby: Joseph Suaalii sal op linkervleuel vir die Wallabies uitdraf in Sondag se toets teen die Springbokke in Perth nadat hy sy vorige 24 toetse op senter gespeel het. Afrigter Les Kiss het hom blykbaar verskuif omdat sy vermoë onder die hoë bal beter benut kan word in die nommer 11-trui. Max Jordensen begin […]
# Die uitbreking van bek-en-klouseer kan Namibië se ekonomie vanjaar en volgende jaar sowat 1,8-miljard-rand kos. Volgens Simonis Storm Research kan ekonomiese groei vanjaar tot ongeveer twee-persent daal, met die landwye verbod op die vervoer van lewende hawe as die belangrikste faktor. Uitvoere ter waarde van sowat 1,5-miljard-rand kan vanjaar verlore gaan, terwyl ongeveer 12-duisend […]
# Die kabinet het die termyn van Eskom se raads-voorsitter met nog drie jaar verleng. Mteto Nyati het tydens die bekendstelling van ‘Eskom 2.0’ sy dank uitgespreek teenoor president Cyril Ramaphosa en die kabinet vir die vertroue wat hulle in hom stel. Sy ampstermyn, wat volgende maand sou verstryk, sal nou tot 2029 duur. Nyati […]
# Katar se Ministerie van Buitelandse Sake het die Houthis van Jemen veroordeel vir die afvuur van ballistiese missiele na die stede Taif en Yanbu in Saoedi-Arabië. Saoediese lugverdediging het ses ballistiese missiele onderskep wat deur die Irans-geallieerde groep afgevuur is. Verlede week het hulle ‘n hommeltuig onderskep wat die Houthi’s na Mekka gelanseer het. […]
# Die Pretoriase Handelsmisdaadhof het die saak teen die sakeman Vusimuzi “Cat” Matlala en sy twee maatskappye tot Dinsdag uitgestel. ‘n Woordvoerder van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie, Henry Mamothame, sê Matlala sal na verwagting weer by 13 medebeskuldigdes aansluit in die Pretoriase Streekhof oor die Medicare 24 Tshwane-distrikskontrak van 228-miljoen-rand. Mamothame sê Matlala en sy […]