Skip to content

Rugby: Suaalii eerste keer op vleuel gekies vir die Wallabies

# Rugby: Joseph Suaalii sal op linkervleuel vir die Wallabies uitdraf in Sondag se toets teen die Springbokke in Perth nadat hy sy vorige 24 toetse op senter gespeel het. Afrigter Les Kiss het hom blykbaar verskuif omdat sy vermoë onder die hoë bal beter benut kan word in die nommer 11-trui. Max Jordensen begin op regtervleuel en Tom Wright op heelagter. Agsteman Harry Wilson is kaptein van Australië. Kiss het ‘n verdeling van ses voorspelers en twee agterspelers op die bank aangewys vir die eenmalige kragmeting.