# Die eerste minister van Nepal, Balendra Shah, vra internasionale skenkingshulp om sy land te help herstel ná die gletservloed waarin minstens een-duisend-450 mense dood is. Meer as ses-duisend mense word steeds vermis. Shah het op die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies gesê herstel- en heropbouwerk kan tot 10-persent van Nepal se ekonomie beloof. […]
# Suid-Afrika se elektrisiteitsnetwerk betree ‘n nuwe era. Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, sê “Eskom 2.0” moet sonder staatshulp kan voortbestaan. Hy het aan die media gesê namate kragopwekking verbeter, sal die fokus verskuif na strukturele veranderinge, netwerk-uitbreiding en markmededingendheid. Ramokgopa beklemtoon die herhaalde fiskale steun en dubbelsyfer-tariefverhogings is onvolhoubaar. Hy sê […]
# Sokker: Die Suid-Afrikaanse onder-20-mansspan het nog net een oorwinning nodig om te kwalifiseer vir volgende jaar se Afrikabekertoernooi. Amajita berei voor om vandag in Matola, Mosambiek, teen Zambië te speel in die halfeindronde van die COSAFA-beker, met ‘n plek in die Afrikabekertoernooi op die spel. Albei spanne het die groepfase afgesluit met nege punte […]
# ‘n Olieraffinadery in die suidweste van Rusland het werksaamhede tydelik gestaak nadat dit in ‘n hommeltuigaanval beskadig is. Die goewerneur van die Rostof-streek, Yuri Slyusar, sê Russiese lugverdedigingseenhede het oornag sowat 50 hommeltuie oor die streek vernietig. Daar was geen ongevalle in die raffinadery nie. Die aanval volg te midde van ‘n reeks Oekraïense […]
# Sokker: Argentinië se hoofafrigter, Lionel Scaloni, sê die land se beste speler ooit, Lionel Messi, sal die geleentheid kry om internasionaal afskeid te neem op die manier wat hy wil. Die 39-jarige sal sy laaste wedstryd vir sy land op 6 Oktober in Buenos Aires speel in ‘n vriendskaplike kragmeting met Benin. Messi, wie […]
# Die Vryemarkstigting sê Suid-Afrika kan Amerika nie soos ‘n vloerlap behandel terwyl hy hom aktief by Amerikaanse teenstanders skaar nie. Die organisasie het ‘n afvaardiging na Amerika gestuur en verklaar dat hy Amerikaanse ampsgenote wil inlig oor toestande in Suid-Afrika wat steeds die verhoudinge skaad. Amerika het verlede week nuwe visumbeperkings ingestel teen Suid-Afrikaners […]