Skip to content

Vryemarkstigting steun die jongste Amerikaanse maatreëls teen Suid-Afrika

# Die Vryemarkstigting sê Suid-Afrika kan Amerika nie soos ‘n vloerlap behandel terwyl hy hom aktief by Amerikaanse teenstanders skaar nie. Die organisasie het ‘n afvaardiging na Amerika gestuur en verklaar dat hy Amerikaanse ampsgenote wil inlig oor toestande in Suid-Afrika wat steeds die verhoudinge skaad. Amerika het verlede week nuwe visumbeperkings ingestel teen Suid-Afrikaners wat hy glo verantwoordelik is vir bedreigings wat verband hou met diskriminerende rasgegronde wette en geweld teen minderheidsgroepe. Die stigting sê die betrokke beleide is strydig met die waardes van die land se Grondwet.