Skip to content

Sokker: Amajita speel vandag teen Zambië in die halfeindronde van die COSAFA-beker

# Sokker: Die Suid-Afrikaanse onder-20-mansspan het nog net een oorwinning nodig om te kwalifiseer vir volgende jaar se Afrikabekertoernooi. Amajita berei voor om vandag in Matola, Mosambiek, teen Zambië te speel in die halfeindronde van die COSAFA-beker, met ‘n plek in die Afrikabekertoernooi op die spel. Albei spanne het die groepfase afgesluit met nege punte na drie oorwinnings. Amajita se hoofafrigter, Raymond Mdaka, sê Zambië is ‘n moeilike teenstander, maar sy spelers is gereed vir die uitdaging.