# Sokker: Argentinië se hoofafrigter, Lionel Scaloni, sê die land se beste speler ooit, Lionel Messi, sal die geleentheid kry om internasionaal afskeid te neem op die manier wat hy wil. Die 39-jarige sal sy laaste wedstryd vir sy land op 6 Oktober in Buenos Aires speel in ‘n vriendskaplike kragmeting met Benin. Messi, wie […]
# Die Vryemarkstigting sê Suid-Afrika kan Amerika nie soos ‘n vloerlap behandel terwyl hy hom aktief by Amerikaanse teenstanders skaar nie. Die organisasie het ‘n afvaardiging na Amerika gestuur en verklaar dat hy Amerikaanse ampsgenote wil inlig oor toestande in Suid-Afrika wat steeds die verhoudinge skaad. Amerika het verlede week nuwe visumbeperkings ingestel teen Suid-Afrikaners […]
# Die Polisiekommissaris van KwaZulu-Natal, Nhlahla Mkhwanazi, het die polisie se Moord- en Roofeenheid opdrag gegee om ondersoek in te stel na die dood van elf mense wat Dinsdagaand in die Ziko-gebied in KwaMakhutha, Durban, doodgeskiet is. Veertien mense was in ‘n huis toe drie gewapende mans met vuurwapens losgebrand het. Die polisiewoordvoerder Robert Netshiunda […]
# Rugby: Die nuwe Verenigde Rugbykampioenskap-seisoen begin vanaand in Ierland wanneer die Stormers Connacht in Galway besoek. Die wedstryd begin 8.45. Die ander drie Suid-Afrikaanse spanne is môre in aksie. Die Leeus verwelkom die verdedigende kampioen en Ierse bobaas-span, Leinster, 2.30 op Ellispark in Johannesburg, en die Haaie speel vier-uur tuis teen die Walliese span […]
# Die Britse minister van Buitelandse Sake, Ed Miliband, waarsku Iran sy land sal nie intimidasie, dreigemente of vyandige bedrywighede toelaat deur groepe wat bande met Teheran het nie. Hy het gister met sy Iranse ampsgenoot, Abbas Araghchi, gepraat tydens die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in New York. Britse intelligensiedienste het ʼn week gelede […]
# Standard Bank sê die Reserwebank se besluit om die rentekoers met 25 basispunte te verhoog, kom op ʼn moeilike tyd vir boere wat reeds deurloop onder hoë brandstof-, kunsmis- en ander insetkoste. Die styging is daarop gemik om inflasie onder beheer te hou. Brendan Jacobs van Standard Bank sê voortslepende onsekerheid in die wêreld […]