# Sokker: Bafana Bafana se afrigter, Pitso Mosimane, is vol vertroue dat hulle môre vir Guinee kan klop in hulle eerste Afrikabeker-kwalifiseerder op die Orlando-stadion in Soweto. Die Wes-Afrikaland sal waarskynlik Suid-Afrika se sterkste teenstander wees in Groep D, wat ook Kenia en Eritreë insluit. Mosimane sê hy is deeglik bewus van die bedreiging van […]
# Die Activists and Citizens Forum vra die Onafhanklike Direktoraat Teen Korrupsie om duidelikheid te verskaf of die voormalige parlementslid, Vincent Smith, onregverdig uitgesonder is in die Bosasa-korrupsiesaak. Hy is in Maart tot sewe jaar tronkstraf gevonnis op aanklagte van bedrog en korrupsie wat verband hou met gunslone wat hy van die fasiliteit-bestuursmaatskappy ontvang het. […]
# MeatCo in Namibië het verdere uitvoere van beesvleis en die slag van diere opgeskort nadat ‘n uitbreking van bek-en-klouseer bevestig is. Tien beeste het positief getoets op ‘n kommersiële plaas in die Karasburg-staatsveearts-distrik in die Khara-streek. Dit het daartoe gelei dat die regering beheermaatreëls ingestel het, insluitend die opskorting van in- en uitvoer van […]
# Die DA in die Wes-Kaap sê boumafias vertraag nie net infrastruktuurprojekte nie, maar steel ook werkgeleenthede, beleggings en geleenthede van gemeenskappe. Sewe gevalle van afdreiging, 14 van intimidasie en sewe van geweld is tussen 2021 en verlede maand in provinsiale regerings-infrastruktuurprojekte aangemeld. Dirk Wessels van die DA sê drie van die sewe gevalle van […]
# Die MK-party eis dat president Cyril Ramaphosa onmiddellik die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, se skorsing ophef. Dit volg nadat aanklagte teen hom vroeër die week amptelik teruggetrek is. Masemola het tereggestaan op vier aanklagte van die oortreding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur. Dit hou verband met ʼn tender vir gesondheidsdienste in die […]
# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê die herstel van vertroue in multilateralisme sal nie plaasvind sonder betekenisvolle hervorming van globale bestuur, hoofsaaklik die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad, nie. Hy het die Algemene Vergadering van die VN in New York toegespreek waar hy gevra het vir ‘n permanente posisie vir Afrika […]