# Die MK-party eis dat president Cyril Ramaphosa onmiddellik die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, se skorsing ophef. Dit volg nadat aanklagte teen hom vroeër die week amptelik teruggetrek is. Masemola het tereggestaan op vier aanklagte van die oortreding van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur. Dit hou verband met ʼn tender vir gesondheidsdienste in die Tshwane-distrik wat aan die omstrede Vusimuzi “Cat” Matlala se maatskappy, Medicare 24, toegeken is. Die MK-party sê Ramaphosa het geen rede om Masemola langer uit sy pos te hou nie.
MK-party eis dat Ramaphosa Masemola se skorsing onmiddellik ophef