# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê die herstel van vertroue in multilateralisme sal nie plaasvind sonder betekenisvolle hervorming van globale bestuur, hoofsaaklik die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad, nie. Hy het die Algemene Vergadering van die VN in New York toegespreek waar hy gevra het vir ‘n permanente posisie vir Afrika […]
# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê Israel se voortgesette oortreding van internasionale en humanitêre reg kom neer op volksmoord. Hy het die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in New York toegespreek. Suid-Afrika het in Desember 2023 by die Internasionale Strafhof ʼn saak teen Israel aanhangig gemaak en aangevoer dat hy […]
# Die Stad Tshwane sê hy werk met verskeie departemente en munisipale instellings om seker te maak behuisingsontwikkelings ontvang infrastruktuur en dienste om werkbare gemeenskappe te word. Dit volg nadat die metro opdrag gee het vir nuwe verkeersligte by die Townlands-behuisingsprojek in Marabastad. Die woordvoerder van Tshwane se Departement vir Menslike Nedersettings, Doreen Mokgolo, sê […]
# Die DA het die minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Dina Pule, versoek om die Parlement in te lig oor ‘n beweerde sluipmoordkomplot teen die Oos-Kaapse streekbestuurder van die maatskaplike sekerheidsagentskap SASSA. Bandile Maqetuka is glo geteiken toe hy bedrog en korrupsie van sowat tien-miljoen-rand ontbloot het. Die DA sê die aantygings laat ernstige vrae ontstaan […]
# Die Gautengse Gesondheidsdepartement het die publiek verseker dat sy mediese nooddienste ononderbroke voortgaan ten spyte van tugoptrede teen 21 werknemers. Die betrokke beamptes het kennisgewings oor pligsversuim ontvang nadat hulle nie hulle geskeduleerde aantal werksure voltooi het nie. Die departement se woordvoerder, Steve Mabona, sê in teenstelling met berigte, is geen mediese nooddienswerkers tans geskors […]
# Die GOOD-party kritiseer die Stad Kaapstad wat fondse, wat geoormerk is om huise vir armes te bou, gebruik om grond in Milnerton teen ʼn wins van 71-miljoen-rand aan ʼn privaat ontwikkelaar te verkoop. Die grond is aangekoop met geld uit die toelaag vir die ontwikkeling van stedelike nedersettings. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê […]
# Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke verwelkom politieke partye en onafhanklike kandidate se ondertekening van die Verkiesingsgedragskode voor die plaaslikeregeringsverkiesing in November. Volgens die Verkiesingskommissie verseker die gedragskode dat al 136-duisend-790 kandidate gelyke geleentheid het om hul veldtog te voer en hul boodskap sonder vrees of onregverdige verdraaiing te verkondig. Die SARK vra alle Suid-Afrikaners […]