# Die DA het die minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Dina Pule, versoek om die Parlement in te lig oor ‘n beweerde sluipmoordkomplot teen die Oos-Kaapse streekbestuurder van die maatskaplike sekerheidsagentskap SASSA. Bandile Maqetuka is glo geteiken toe hy bedrog en korrupsie van sowat tien-miljoen-rand ontbloot het. Die DA sê die aantygings laat ernstige vrae ontstaan oor die omvang van bedrog en korrupsie binne SASSA en of die netwerk voordeel uit die toelaagstelsel trek. Daar is ook kommer oor die veilighed van amptenare wat die oortredings blootlê.
DA versoek minister Pule om Parlement in te lig oor sluipmoordkomplot in SASSA