# Die vakverbond Cosatu is bekommerd oor die inentingskrisis van kinders, wat die Gesondheidsdepartement tot openbare gesondheids-noodtoestand verklaar het. Die hoeveelheid kinders onder een wat nie ingeënt is nie, het gestyg van 12,1-persent in 2017 tot 36,3-persent vroeër vanjaar, wat een uit elke drie babas weerloos laat. Woordvoerder Matthew Parks sê dit keer die groot […]
# Activists and Citizens Forum vra president Cyril Ramaphosa om meer fondse beskikbaar te stel en die werksaamhede van die Madlanga-kommissie te verleng. Honderd-47-miljoen-rand is aanvanklik begroot, waarvan 123-miljoen-rand reeds bestee is terwyl bykomende befondsing gesoek word. Woordvoerder Dennis Bloem sê Ramaphosa kan nie vir Suid-Afrikaners vertel daar is nie geld nie terwyl 700-miljoen-rand beskikbaar […]
# Amnestie Internasionaal Suid-Afrika sê die plaaslike regeringsverkiesing in November is ‘n kritieke oomblik van aanspreeklikheid weens die groot ontevredenheid met dienslewering en sigbare mislukkings in vele munisipaliteite. Volgens die verslag van die Ouditeur-generaal het net 39 van die 257 munisipaliteit ‘n skoon oudit gekry in die jongste ouditeursverslag. Amnestie Internasionaal SA sê kiesers moet […]
# Die organisasie, Mining Affected Communities United in Action, vra ʼn onmiddellike ondersoek nadat twee jong seuns in ʼn dam van die Harmony Goudmyn naby die Nyakallong-township in die Vrystaat verdrink het. Volgens berigte het die twee seuns van agt- en nege-jaar verlede maand in ʼn verlate, onomheinde dam by die Harmony Goudmyn gaan swem […]
# Die landbou-organisasie TLU SA vra die regering om beslissend op te tree om die verspreiding van staats-vuurwapens na misdadigers teen te werk. Hy verwys na die gewese polisieman Christiaan Prinsloo, wat tussen 2007 en 2015 sowat twee-duisend vuurwapens uit polisiebewaring aan misdadigers verskaf het.Bennie van Zyl van TLU SA sê die wapens moes vernietig word, […]
# Die EFF het aan die Nasionale Vergadering se speaker, Thoko Didiza, geskryf om die verkiesing van die gesamentlike staande komitee oor Verdediging se medevoorsitter, Mzimasi Hala, ongrondwetlik en onwettig te verklaar. Dit volg nadat die ANC Malusi Gigaba Woensdag skielik en onverklaarbaar uit die amp verwyder het. Die EFF sê die vergadering waar Hala […]
# Die IVP eis die onmiddellike ontplooiing van die KwaZulu-Natal Politieke Taakspan om die moord op twee raadslede in afsonderlike voorvalle te ondersoek. Die raadslid van Wyk 17, Khethelo Mdluli, van die uMlalazi munisipaliteit, is verlede week by sy huis in Gingindlovu geskiet en hy is later in die hospitaal aan sy beserings oorlede. Die […]