Skip to content

Rugby: Vusi Moyo staan aan spits van Haaie se aanval in VRK-openingswedstryd teen Ospreys

# Rugby: Die Haaie se hoofafrigter, JP Pietersen, het ʼn opwindende wedstryd-groep van 23 aangewys vir Saterdag se eerste Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryd teen die Ospreys op Kingspark. Die gewese Junior Bok, Vusi Moyo, sal die aanval lei op losskakel, saam met skrumskakel Jaden Hendrikse. Nick Hatton is in die nommer 8-trui is kaptein, en voltooi die losvoorspelers saam met Manu Tshituka en Phepsi Buthelezi. Dis die eerste keer in die toernooi se geskiedenis dat die Haaie hul veldtog op hul tuisveld afskop.