# Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, sê Suid-Afrika is gereed om te onderhandel met Amerikaanse maatskappye wat soek na veilige bronne van kritieke minerale en nywerheidsinsette. Hy het deelgeneem aan die Kritieke Metale-rondetafel in New York. Tau het die stigting van ‘n Suid-Afrikaans-Amerikaanse Kritieke Minerale-werksgroep voorgestel. Hy sê Suid-Afrika kan bydra tot minerale bronne, verwerking, nywerheids-infrastruktuur en toegang tot waardeskakels, terwyl Amerika kapitaal, tegnologie, markte, nywerheidskennis en langtermyn-aanvraag kan bring.
Minister Tau sê Suid-Afrika wil vennootskap en medebelegging met Amerika in kritieke metale hê