# Amerika se adjunkpresident, JD Vance, sê hulle gaan nie ʼn tydlyn stel vir die einde van die oorlog teen Iran nie. Hy sê dit hang van Teheran af wanneer die konflik, wat ses maande gelede begin het, gaan eindig. Die twee lande is weer besig met aanvalle op mekaar terwyl Iran beheer oor die […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 04 September 2026: NASIONAAL: # Business Day: Berig die EFF en MK-party se regspanne sê niemand is verhef bo die Parlement nie en president Cyril Ramaphosa se hersieningsaansoek van die Artikel 89-paneelverslag is net ‘n vertragingstaktiek om die ampsklagverrigtinge tersyde te stel. Hulle het in die hof […]
# Die groepering vir justisie, misdaadvoorkoming en veiligheid het ʼn gekoördineerde stabiliseringsprogram geaktiveer om normaliteit te herstel en alle inwoners van die Dr AB Xuma plaaslike munisipaliteit in die Oos-Kaap se veiligheid te verseker. Dit volg na voortslepende onbestendigheid, gewelddadige betogings, padblokkades, intimidasie, en die ontwrigting van skole, sakeondernemings en openbare dienste. Dit hou verband […]
# Israel se minister van Verdediging, Israel Katz, sê terwyl die nuwe Amerikaanse ekonomiese sanksies teen Iran blykbaar doeltreffend is, kan toenemende druk Iran tot uiterste maatreëls dwing. Amerika se Tesourie het verlede maand ʼn reeks nuwe sanksies teen Iran se ekonomie aangekondig. Die Amerikaanse leër het ook aanvalle teen Teheran hervat. Iran het vergeldingsaanvalle […]
# Rugby: Die All Blacks-afrigter, Dave Rennie, sê daar is geen kwade gevoelens tussen hom en Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, nie. Dit volg na sy beskuldigings oor Suid-Afrika se vermeende onderduimse taktieke in die skrum, na verlede naweek se tweede toets in Kaapstad. Hy het beweer die Bokke het in vaste skrums “rondom teenstanders geloop”. Rennie […]
# Die regering het konsessie-lening-finansiering van ongeveer 5,6-miljard-rand bekom om Nasionale Tesourie se Handelsdiens-hervormingsprogram vir metro’s te ondersteun. Die befondsing kom van die Duitse en Franse Ontwikkelingskorporasie deur KfW-ontwikkelingsbank en die Franse Ontwikkelingsagentskap. Die program se doelwit is om elektrisiteit, water en sanitasie, en vaste-afvalbestuur in Suid-Afrika se agt metropolitaanse munisipaliteite om te keer. Die […]
# Die minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Dina Pule, sê haar departement sal voortgaan om nou saam met Interpol Suid-Afrika en ander relevante wetstoepassingsagentskappe te werk om gevalle van kinderhandel aan te spreek. Dit volg nadat twee Suid-Afrikaanse meisies van onderskeidelik 9 en 15 jaar oud, wat in 2024 in Malawi verkoop is, veilig gerepatrieer is. […]