# Die EFF sê AfriForum se meedoënlose politieke vervolging van Julius Malema het ‘n ongekende laagtepunt bereik deur die regstelsel as wapen te gebruik. Die Nasionale Vervolgingsgesag het besluit om Malema vir crimen injuria te vervolg na aanleiding van sy verkragtingsbewerings teen die voormalige hoof van Bergview College, Jaco Pieterse. Die saak het betrekking op […]
# Build One South Africa sê die land het ‘n groei-agenda nodig wat minstens een werk in elke huishouding kan verseker, terwyl munisipaliteite hul deel moet doen om stede en dorpe meer bekostigbaar te maak. Tans is salarisse die hoofbron van inkomste vir slegs 52,4-persent van huishoudings. BOSA sê wanneer huishoudings se finansies onder druk […]
# Die ANC het die geskorste nasionale polisiekommissaris, Fanie Masemola, beskuldig dat hy sy grondwetlike plig versuim het deur nie op te tree teen die geskorste polisieminister, Senzo Mchunu, se opdrag om by misdaadintelligensie-aanstellings in te meng nie. Dit is ‘n voorlegging deur die party terwyl die ad hoc-komitee wat bewerings van misdadigheid in die […]
# My Vote Counts het aan 20 politieke partye geskryf en gevra om kiesers in te lig oor hoe hulle koalisie-onderhandelinge voor en ná die plaaslike verkiesings sal benader. Die aantal rade sonder ‘n algehele meerderheid het meer as verdubbel – van 27 ná die 2016-verkiesing tot 66 ná die 2021-verkiesing. My Vote Counts sê […]
# Rugby: Springbok-hulpafrigter Duane Vermeulen ontken dat hoofafrigter Rassie Erasmus se 13 veranderinge aan die beginspan vir die eenmalige toets teen die Wallabies ‘n gebrek aan respek is. Suid-Afrika speel Sondag se toets in Perth ná ‘n veeleisende reeks van vier wedstryde teen die All Blacks. Australië is sewende op die wêreldranglys, maar onoorwonne onder […]
# Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party vra wetstoepassingsagentskappe om georganiseerde misdaadnetwerke te ontbloot en bedreigings vir die werkersklas- en landelike gemeenskappe te verminder. Dit volg op die massaskietery waarin elf mense vroeër die week in die KwaMakhutha-township, KwaZulu-Natal, dood is. Voorlopige ondersoeke dui op ‘n vete tussen mededingende groeperings as motief vir die moorde. Die SAKP […]
# Die regering sê Suid-Afrika begin nou, ná jare se worsteling met strukturele beperkings, die tasbare resultate van hervorming sien. Hy sê die betroubaarheid van energie het verbeter, logistieke prestasie is herstel, beleggings in die infrastruktuur van konstruksieplanne word uitgevoer en sakevertroue versterk. Die land nader 500 opeenvolgende dae sonder beurtkrag, terwyl ‘n portefeulje van […]