# Motorsport: Isack Hadjar gaan vir die 2027-Formule 1-seisoen as Max Verstappen se spanmaat by Red Bull aanbly, na hy sy kontrak verleng het. Die 21-jarige Fransman het vanjaar by die span aangesluit ná ‘n sterk debuutseisoen by die susterspan, Racing Bulls. Hy het in sewe agtereenvolgende wedrenne punte aangeteken – insluitend ‘n plek op […]
# Tennis: Alexander Zverev en die kaptein van die Wêreld-span, Andre Agassi, het vir die Laver-beker opgekom in die aanloop tot vanjaar se Londen-toernooi. Die driedaagse geleentheid begin môre op die O2-arena, waar Europa teen die res van die wêreld te staan kom. Agassi sê die atmosfeer is skouspelagtig en die mededinging is altyd intens. […]
# President Cyril Ramaphosa sal vandag die Nasionale Erfenisdag-vieringe by die Rosemoor-stadion in Thembalethu, George, in die Wes-Kaap lei. Die viering vind plaas onder die tema: “Vier ons lewende erfenis: Versterk die bande wat ons verenig“. Die Presidensie sê die tema beklemtoon die rol van ‘n lewendige erfenis in die bevordering van nasionale eenheid, maatskaplike […]
# Die DA vra die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, om rekenskap te gee oor die verskuiwing ter elder ure van die nasionale Erfenisdag-vieringe na die Wes-Kaap. Die geleentheid was oorspronklik vir KwaZulu-Natal beplan om saam te val met uMkhosi weLembe, die Zoeloe-nasie se jaarlikse herdenking van koning Shaka. McKenzie het egter […]
# Bek-en-klouseer is in Namibië aangemeld nadat tien beeste op ‘n kommersiële plaas in die Karasburg-staatsveeartsdistrik in die Khara-streek positief getoets het. Dit volg terwyl Suid-Afrika met sy ergste uitbreking van die siekte worstel en die regering beplan om 80-persent van sy nasionale beeskudde van sowat 14-miljoen diere in te ent. Die waarnemende minister van […]
# Die Oekraïnse president, Volodymyr Zelensky, het Vladimir Putin as “pasiënt zero” bestempel en gesê die Russiese leier versprei oorlog en onbestendigheid. In sy toespraak voor die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies in New York sê hy hoe meer vryheid Putin het om op te tree, hoe gevaarliker word die wêreld vir almal. Zelensky […]
# Die Landbank het nuwe aansoeke vir sy gemengde finansieringskema tydelik opgeskort nadat die vraag na bekostigbare landboufinansiering die beskikbare toekenningsfondse oorskry het. Die skema het sedert sy bekendstelling in 2022 reeds 540 begunstigdes ondersteun. Die opskorting sal vir die res van die 2026/2027-boekjaar van krag bly, tensy bykomende befondsing beskikbaar gestel word. Die skema […]