# Tennis: Alexander Zverev en die kaptein van die Wêreld-span, Andre Agassi, het vir die Laver-beker opgekom in die aanloop tot vanjaar se Londen-toernooi. Die driedaagse geleentheid begin môre op die O2-arena, waar Europa teen die res van die wêreld te staan kom. Agassi sê die atmosfeer is skouspelagtig en die mededinging is altyd intens. Zverev, wat vroeër die maand die Amerikaanse Ope gewen het, sê hy geniet dit om in ‘n span te speel en is steeds lojaal teenoor ‘n geleentheid, wat hom in die verlede ondersteun het. Carlos Alcaraz, Taylor Fritz en Alex de Minaur is van die ander topspelers wat deelneem.
Tennis: Zverev en Agassi kom op vir ‘skouspelagtige’ Laver-beker