# Motorsport: Isack Hadjar gaan vir die 2027-Formule 1-seisoen as Max Verstappen se spanmaat by Red Bull aanbly, na hy sy kontrak verleng het. Die 21-jarige Fransman het vanjaar by die span aangesluit ná ‘n sterk debuutseisoen by die susterspan, Racing Bulls. Hy het in sewe agtereenvolgende wedrenne punte aangeteken – insluitend ‘n plek op die podium in Monaco, voor hy die afgelope drie Grands Prix weens ‘n polsbesering misgeloop het. Hadjar is die naweek by die Grand Prix in Azerbeidjan in aksie, wat Saterdag plaasvind vanweë die land se Herdenkingsdag.
Motorsport: Hadjar verleng sy kontrak met Red Bull vir 2027