# ActionSA het die party se besluit verdedig om slegs een kandidaat op elke proporsionele verteenwoordigingslys in te dien vir die munisipaliteite waar hy aan die plaaslikeregeringsverkiesing deelneem. Dit volg nadat die DA ‘n regsgeding by die Verkiesingshof aanhangig gemaak het teen ActionSA, die EFF, die MK-party en die GOOD-party, waarin hulle beskuldig word dat […]
# ‘n Amerikaanse federale regter het president Donald Trump se regering opdrag gegee om CNN, MS NOW en Politico se toegang tot die Withuis onmiddellik te herstel. Dit volg nadat die nuusagentskappe van die perseel verban is, nadat Trump hulle daarvan beskuldig het dat hulle fiksie of leuens skryf of berig. Die drie agentskappe het […]
# Motorsport: Lewis Hamilton sê hy hoop Formule Een se geskeduleerde wedrenne in Katar en Abu Dhabi sal voortgaan, ten spyte van die voortdurende Iran-konflik. Die sewemalige wêreldkampioen het gister in Baku gesê, hy wil graag in die Midde-Ooste jaag en vertrou dat Formule Een se uitvoerende hoof, Stefano Domenicali, die regte besluit sal neem. […]
# Die president van die MK-party, Jacob Zuma, het vertroue uitgespreek dat sy party goed sal vaar in die plaaslikeregeringsverkiesing in November, waaraan hy vir die eerste keer deelneem. Die party wag steeds op ‘n uitspraak in sy jongste regsgeding oor die algemene verkiesing van 2024, nadat die Hooggeregshof in Johannesburg uitspraak in Junie voorbehou […]
# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê die regering steun nie die Amerikaanse program vir die toelating van Suid-Afrikaanse vlugtelinge nie. President Donald Trump het die hervestigingsinisiatief in Februarie 2025 ingestel en beweer dat Afrikaners deur staatsgesteunde rassediskriminasie, geweld en die onteiening van hul grond bedreig word. In Mei het Trump […]
# Die Nasionale Vrouestruktuur van die Nasionale Mynwerkersunie doen ‘n beroep op president Cyril Ramaphosa om die verklaring van die presidensiële beraad van 2018 oor geslagsgeweld en vrouemoord dringend in werking te stel. Nthabiseng Mashiteng van die vakbond verwelkom die ondersoek na die onlangse moorde op vroue in Ekurhuleni, asook die ondersoek na dreigemente wat […]
# Rugby: Die Stormers het die dienste van die skrumskakel Haashim Pead in ‘n ooreenkoms van vier jaar bekom. Die 21-jarige, wat verlede jaar by die Junior Wêreldkampioenskap as Speler van die Toernooi aangewys is, is na ‘n senior Springbok-belyningskamp opgeroep en het vroeër vanjaar vir Suid-Afrika A teen Zimbabwe uitgedraf. Die Stormers se direkteur […]
# BetterBond sê die jongste rentekoersverhoging van 25 basispunte sal maandelikse verbandpaaiemente verhoog en meer druk op huiseienaars plaas. Die prima-uitleenkoers het nou tot 10,75-persent gestyg. Die uitvoerende hoof, Stephan Potgieter, sê die verhoging is ‘n voorsorgmaatreël teen moontlike skokke in oliepryse wat met die konflik in die Midde-Ooste verband hou. Potgieter sê die veerkragtige […]