Skip to content

BOSA sê nasionale en plaaslike regerings moet ‘n belangrike rol speel in bekostigbaarheidskrisis

# Build One South Africa sê die land het ‘n groei-agenda nodig wat minstens een werk in elke huishouding kan verseker, terwyl munisipaliteite hul deel moet doen om stede en dorpe meer bekostigbaar te maak. Tans is salarisse die hoofbron van inkomste vir slegs 52,4-persent van huishoudings. BOSA sê wanneer huishoudings se finansies onder druk is, plaas onnodige munisipale heffings, onbetroubare dienste en ‘n swak infrastruktuur ‘n bykomende las op inwoners. Die party vra die regering om omstandighede te skep vir volgehoue ​​ekonomiese groei, meer werksgeleenthede en verbeterde verdienste.