Skip to content

SAKP sê land het versterkte wetstoepassingsagentskappe en gemeenskapsveiligheidstrukture nodig

# Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party vra wetstoepassingsagentskappe om georganiseerde misdaadnetwerke te ontbloot en bedreigings vir die werkersklas- en landelike gemeenskappe te verminder. Dit volg op die massaskietery waarin elf mense vroeër die week in die KwaMakhutha-township, KwaZulu-Natal, dood is. Voorlopige ondersoeke dui op ‘n vete tussen mededingende groeperings as motief vir die moorde. Die SAKP sê die land benodig gemeenskapsveiligheidstrukture, verantwoordbare polisiëring, behoorlik toegeruste polisiestasies, oorlewingsdienste vir slagoffers van geweld, en beslissende optrede teen infrastruktuurmisdaad en afpersing.