# Krieket: Matthew Breetzke se honderdtal het die Proteas gehelp om Australië met 67 lopies te klop in die eerste eendagwedstryd op Kingsmead in Durban. Hy het die Suid-Afrikaner met die meeste lopies in sy eerste 14 eendagwedstryde geword deur 112 lopies van 106 balle te moker. Marco Jansen het 75 bygedra tot die tuisspan se totaal van 297 vir agt. Die linkshandige draaiboulers Keshav Maharaj en Bjorn Fortuin het daarna saam ses paaltjies geneem en Australië vir 230 help uitknikker. Die voorlaaste kragmeting vind Sondag op die Wanderers plaas.
Krieket: Breetzke se honderdtal lei Suid-Afrika tot oorwinning oor Australië in die eerste eendagwedstryd