# Rugby: Die slot, Riley Norton, skrumskakels Andre Warner en Ezekiel Ngobeni, en haker Vernon Paulo draf in vanaand se openingswedstryd teen Connacht in Galway, Ierland, die eerste keer vir die Stormers uit. Dis die vleuel Leolin Zas, wat in 2016 die eerste keer vir die Stormers gespeel het, se 100ste wedstryd vir die klub. Hy is deel van ʼn ervare agterlyn saam met nog twee VRK-wenners, Seabelo Senatla en Warrick Gelant. Die direkteur van rugby, John Dobson, sê sy spelers sal alles moet uithaal om die veldtog met ʼn oorwinning te begin.
Rugby: Vier nuwelinge in Stormers se eerste Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryd