Skip to content

President Abbas waarsku Palestynse bestaan word bedreig

# Die Palestynse president Mahmoud Abbas sê Palestyne in Gaza was blootgestel aan dood, verwoesting, hongersnood, pogings tot ontheemding en ʼn volksmoord-oorlog, terwyl nedersettings in die Wesoewer toeneem. Hy het die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering via ʼn vooraf opgeneemde video toegespreek nadat sy afvaardiging vir die tweede agtereenvolgende jaar visums na Amerika geweier is. Hy sê die maatreëls is onregmatig. Abbas sê die Palestyne sal nie ontheemding aanvaar of enige iemand toelaat om namens hulle oor hul toekoms te besluit nie.