Skip to content

Raad van Kerke verwelkom ondertekening van Verkiesingsgedragskode

# Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke verwelkom politieke partye en onafhanklike kandidate se ondertekening van die Verkiesingsgedragskode voor die plaaslikeregeringsverkiesing in November. Volgens die Verkiesingskommissie verseker die gedragskode dat al 136-duisend-790 kandidate gelyke geleentheid het om hul veldtog te voer en hul boodskap sonder vrees of onregverdige verdraaiing te verkondig. Die SARK vra alle Suid-Afrikaners om die kode ernstig op te neem sodat wanneer die uitslag aangekondig word, dit die ware stem van die mense weerspieël.