Skip to content

Krieket: Proteas kan reeds môre op die Wanderers die eendagreeks teen Australië beklink

# Krieket: Die Proteas kan môre in die tweede wedstryd in Johannesburg die reeks van drie eendagwedstryde teen Australië beklink, ná ‘n oortuigende oorwinning in die eerste wedstryd in Durban. Matthew Breetzke, wat op Kingsmead ‘n honderdtal aangeteken het, sê die span het hul staal getoon al was vier beseerde snelboulers nie beskikbaar nie. Die draaibouler Keshav Maharaj het daarna sy klas gewys deur vier paaltjies te neem. Môre se wedstryd by die Wanderers is die jaarlikse “Pinkdag”-geleentheid ter ondersteuning van borskankerbewustheid. Die laaste eendagwedstryd word Woensdag in Potchefstroom beslis.