Skip to content

Nasionale Taakspan vra strenger optrede wat geslagsgeweld, vrouemoord en haat-gemotiveerde geweld betref

# Die Nasionale Taakspan oor Seksuele Oriëntasie, Gender-identiteit, -uitdrukking en -geslagseienskappe vra ʼn strenger en gekoördineerde strafreg-reaksie op geslagsgeweld en vrouemoord. Dit volg nadat nege vroue se liggame die afgelope twee maande in Kemptonpark en omliggende gebiede in Ekurhuleni gevind is. Die taakspan sê die moorde beklemtoon die verband tussen vrouehaat, gewelddadige diskriminasie, vrouemoord en geweld teen LGBTIQ-plus mense. Hy vra groter sigbaarheid, deeglike ondersoeke en doeltreffende vervolgings, en moedig slagoffers en gemeenskappe aan om haat-gemotiveerde geweld onmiddellik by die Suid-Afrikaanse Polisiediens aan te meld.