Skip to content

Sokker: Bafana begin goed met ‘n oorwinning oor Guinee

# Sokker: Bafana Bafana het hul kwalifiserende veldtog vir die 2027-Afrikabeker-toernooi met ‘n oorwinning van 2-1 oor Guinee op die Orlando-stadion in Soweto afgeskop. Ime Okon het die telling in die 30ste minuut geopen en aan Suid-Afrika ‘n voorsprong van 1-0 teen rustyd besorg. Die plaasvervanger Samukelo Kabini het die wendoel aangeteken nadat Seydouba Cisse van Guinee die telling gelyk gemaak het. Die uitslag is ‘n eerste oorwinning vir afrigter Pitso Mosimane met sy terugkeer na die span. Suid-Afrika se volgende wedstryd in Groep D is Woensdag teen Eritrea in Kaïro, Egipte.