# Motorsport: George Russell het gister die 2026-Azerbeidjanse Grand Prix op die Baku-stadskring gewen in ‘n chaotiese wedren wat deur botsings gekenmerk is. Die Mercedes-renjaer het sy eerste wegspringplek in ‘n oorwinning omskep en Max Verstappen, se poging laat in die wedren, met ‘n skamele tiende van ‘n sekonde getroef. Isack Hadjar van Red Bull was derde, wat twee plekke op die podium aan Red Bull besorg het. Charles Leclerc van Ferrari was vierde. Die kampioenskapsvoorloper, Kimi Antonelli, het 16de weggespring, maar herstel om vyfde te eindig. Die verdedigende wêreldkampioen, Lando Norris, is na ‘n botsing uit die wedren.
Motorsport: Mercedes se Russell seëvier in ‘n Azerbeidjanse Grand Prix vol botsings