# Rugby: Die Springbok-vroue het ‘n oortuigende oorwinning van 41-29 oor Italië in die W-15 Global Series in Pordenone behaal. Suid-Afrika het ses drieë teenoor Italië se vier gedruk; Anushka Groenewald het twee keer gaan druk, terwyl Byrhandre Dolf, Maria Tshiremba, Micke Gunter en Logan Welman ook die doellyn oorgesteek het. Die Bokke het teen rustyd met 24-12 voorgeloop voor Italië in die tweede helfte kortstondig met 29-27 voorgeloop het. Suid-Afrika se volgende wedstryd is op 4 Oktober teen Spanje in Sevilla, gevolg deur twee wedstryde teen Ierland in Kaapstad.
Rugby: Springbokvroue klop Italië met 49-21 in eerste W-15 Global Series