# Die polisie in Gauteng is op soek na agt onbekende gewapende mans ná ‘n dodelike skietvoorval gisteraand by ‘n taverne in Wedela-Uitbreiding 3, in die Wes-Rand-distriksmunisipaliteit. Altesaam 17 mense is doodgeskiet en 15 gewond. Kliënte het binne en buite die taverne gekuier toe die verdagtes opgedaag en op die mense buite losgebrand het. Hulle het daarna die taverne binnegegaan en voortgegaan om op die kliënte te skiet. Die polisiewoordvoerder, Brenda Muridili, sê die verdagtes het na bewering sommige kliënte deursoek en hul selfone gesteel:
17 dood en 15 beseer in skietery by ‘n taverne in Gauteng [KLANK]
ENG MuridiliONTavernShooting