Nuus 09:00
BULLETIN 27 September 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# ActionSA verklaar oorlog teen die ineenstorting van plaaslike regering
# Die DA sê hy is gereed om die leiding te neem in Tshwane
# En rugby: Die Springbokvroue klop Italië 49-21 in die eerste W-15 Global-toetswedstryd
# Die leier van ActionSA, Herman Mashaba, sê die party verklaar oorlog teen die ineenstorting van plaaslike regering in Suid-Afrika. Hy het gepraat tydens die bekendstelling van die party se plaaslikeregeringsverkiesingsveldtog in Johannesburg. Mashaba sê ActionSA wil ‘n einde bring aan wat hy ‘n kultuur van verskonings, korrupsie en onbevoegdheid noem, omstandighede waaronder miljoene mense meer betaal vir minder. Hy sê die party het ‘n plan om gebrekkige munisipaliteite te herstel en plaaslike regering regoor die land te verbeter:
Die DA in Tshwane sê intussen hy het ‘n meerderheid van 50-persent plus een nodig om ‘n einde te bring aan koalisie-onbestendigheid en die metro alleen te regeer ná die komende plaaslikeregeringsverkiesing. Cilliers Brink van die party sê hy verwag dat die ANC en ander partye, sonder daardie mandaat, sal probeer om die DA se stemme te verdeel. Hy sê daardie partye wil nie sien dat die DA ‘n stad bestuur wat behoorlik funksioneer nie:
# COSATU vra dringende befondsing vir die Departement van Indiensneming en Arbeid se plan om nog 10-duisend arbeidsinspekteurs te werf. Die vakbondfederasie se woordvoerder Matthew Parks sê dit sal pogings versterk om toe te slaan op oortredings van Suid-Afrikaanse en migrante-werkers se arbeidsregte. Hy wil ook hê die regering, sakesektor en georganiseerde arbeid moet gereeld die lys kritieke vaardighede bywerk om skaars vaardighede te lok, plaaslike werkers op te lei en voorkeur te gee aan opleiding van werkloses:
# Iran het vandag daarop aangedring dat slegs diplomasie die konflik met die Verenigde State en Israel kan oplos. Dit volg nadat president, Donald Trump, Vrydag gesê het dat hy ‘n Iranse voorstel om die Straat van Hormoes te heropen en die konflik te beëindig, van die hand gewys het. Die Iranse minister van Buitelandse Sake, Abbas Araqchi, het op sosiale media gesê hulle voorwaardes is duidelik en enige stap om die Straat van Hormoes te heropen moet aan die voorwaardes voldoen. Hy sê slegs ‘n onderhandelde oplossing kan die dooiepunt oplos.
# En sportnuus:
# Motorsport: George Russell het gister die 2026-Azerbeidjanse Grand Prix op die Baku-stadskring gewen in ‘n chaotiese wedren wat deur botsings gekenmerk is. Die Mercedes-renjaer het sy eerste wegspringplek in ‘n oorwinning omskep en Max Verstappen, se poging laat in die wedren, met ‘n skamele tiende van ‘n sekonde getroef. Isack Hadjar van Red Bull was derde, wat twee plekke op die podium aan Red Bull besorg het. Charles Leclerc van Ferrari was vierde. Die kampioenskapsvoorloper, Kimi Antonelli, het 16de weggespring, maar het herstel om vyfde te eindig. Die verdedigende wêreldkampioen, Lando Norris, is na ‘n botsing uit die wedren.
# En rugby: Die Springbok-vroue het ‘n oortuigende oorwinning van 41-29 oor Italië in die W-15 Global Series in Pordenone behaal. Suid-Afrika het ses drieë teenoor Italië se vier gedruk; Anushka Groenewald het twee keer gaan druk, terwyl Byrhandre Dolf, Maria Tshiremba, Micke Gunter en Logan Welman ook die doellyn oorgesteek het. Die Bokke het teen rustyd met 24-12 voorgeloop voor Italië in die tweede helfte kortstondig met 29-27 voorgeloop het. Suid-Afrika se volgende wedstryd is op 4 Oktober teen Spanje in Sevilla, gevolg deur twee wedstryde teen Ierland in Kaapstad.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….