# Iran het vandag daarop aangedring dat slegs diplomasie die konflik met die Verenigde State en Israel kan oplos. Dit volg nadat president, Donald Trump, Vrydag gesê het dat hy ‘n Iranse voorstel om die Straat van Hormoes te heropen en die konflik te beëindig, van die hand gewys het. Die Iranse minister van Buitelandse Sake, Abbas Araqchi, het op sosiale media gesê hulle voorwaardes is duidelik en enige stap om die Straat van Hormoes te heropen moet aan die voorwaardes voldoen. Hy sê slegs ‘n onderhandelde oplossing kan die dooiepunt oplos.
Iran dring aan op ‘n diplomatieke oplossing terwyl Trump vredesplan verwerp