# Die Soil of Africa burgerlike beweging het die verlenging van die termyn van Eskom-raadvoorsitter Mteto Nyati met nog drie jaar, vanaf November, verwelkom. Die beweging se woordvoerder, Luzuko Sofute, sê die verlenging kom terwyl Eskom werk aan die versterking van operasionele prestasie, finansiële volhoubaarheid, bestuur en energiesekerheid. Hy wys op verbeterings wat tydens die […]
# Sokker: Die Suid-Afrikaanse sokkerlegende Lucas Radebe het ‘n nuwe rol aanvaar as ambassadeur vir die Leeds United Foundation, die Engelse klub se amptelike liefdadigheidsorganisasie. Radebe, wat 260 keer vir Leeds uitgedraf het, het die klub se gemeenskapsprogramme ondersteun deur skole te besoek en met jongmense te skakel. Hy sal saam met ander ambassadeurs die […]
Die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Puleng Dimpane, het die Gautengse polisie geprys vir die vinnige inhegtenisneming van ‘n verdagte wat verbind word met die moord op ‘n vrou wie se liggaam gister by die Mooifontein-begraafplaas in Tembisa, Ekurhuleni, gevind is. Die polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê die verdagte het ná die moord na Tzaneen in Limpopo gevlug, […]
# Die Stad Kaapstad se Biblioteek- en Inligtingsdiens vier die Hanoverpark-biblioteek se 50 jaar-diens aan die gemeenskap. Hy sê die biblioteek verskaf toegang tot inligting, opvoeding, digitale hulpbronne en lewenslange leergeleenthede. Die burgemeesterskomiteelid, Francine Higham, sê die biblioteek het gevorder van ʼn tradisionele leen-fasiliteit tot ʼn gemeenskapsentrum wat geletterdheid, vaardigheidsontwikkeling, sosiale insluiting en gemeenskapsbetrokkenheid ondersteun:
# Die Departement van Basiese Onderwys het die Nasionale Katalogus vir die Grondslagfase, graad een tot drie, vir 2026 van die goedkeurings- na die implementeringsfase verskuif. Verkrygingsprosesse is aan die gang, met November en Desember wat as sleutelleweringsperiodes voor die 2027-skooljaar vasgestel is. Die departement se woordvoerder, Terence Khala, sê die nuwe katalogus werk leermateriaal […]
# Die DA het ‘n debat in die Parlement vir Dinsdag verkry oor die vootslepende geweldsmisdaadkrisis in Ekurhuleni. Dit volg op die ontdekking van ‘n vrou se liggaam gister in Tembisa-Suid, wat die totaal van vroue wat die afgelope twee maande in die gebied vermoor is, op tien te staan bring. Khathuthselo Rasilingwane van die […]
# Die Stad Kaapstad sê oproepe oor gesinsgeweld na sy Openbare Noodkommunikasiesentrum het in die afgelope boekjaar met 45-persent toegeneem. Die sentrum het in 2025/26 ses-duisend-487 oproepe wat met gesinsgeweld verband hou, aangeteken – ‘n styging van vierduisend-464 twee jaar vroeër. Die stad sê die toename is moontlik ‘n weerspieëling van geweld teen vroue en […]
# Die DA in Tshwane vra die metro om ʼn hofuitspraak teen die Mpumalanga-agentskap vir Ekonomiese Groei te gebruik om eienaarskap van die Ekandustria-nywerheidspark te verseker. Die Hooggeregshof in Pretoria het MEGA opdrag gegee om Tshwane meer as 231-miljoen-rand te betaal vir water-, sanitasie- en elektrisiteit-dienste. Cilliers Brink van die DA sê die nywerheidspark het […]
# Die Wes-Kaapse polisie het ‘n multidissiplinêre ondersoek van stapel gestuur nadat tien mense vroeg vanoggend by ‘n taverne in Lwandle, naby die Strand, doodgeskiet is. Polisiewoordvoerder Novela Potelwa sê gewapende mans het die vermaaklikheidsplek voor twee-uur binnegegaan en op klante begin skiet. Sy sê vyf mense is op die toneel dood, terwyl nog vyf […]