# Die Stad Kaapstad sê oproepe oor gesinsgeweld na sy Openbare Noodkommunikasiesentrum het in die afgelope boekjaar met 45-persent toegeneem. Die sentrum het in 2025/26 ses-duisend-487 oproepe wat met gesinsgeweld verband hou, aangeteken – ‘n styging van vierduisend-464 twee jaar vroeër. Die stad sê die toename is moontlik ‘n weerspieëling van geweld teen vroue en kinders wat vortduur én meer oorlewendes wat na vore kom vir hulp. Hy sê hulpbronne en wetstoepassing stem nie altyd ooreen met die omvang van die krisis nie.
Kaapstad teken ‘n 45% toename aan in huishoudelike geweld-oproepe