# Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus weier om verskonings te maak vir hul nederlaag van 42-38 teen die Wallabies in Perth. Die Bokke was ná 63 minute 42-17 agter voor ‘n laat herlewing hulle binne tref-afstand gebring het. Dit was egter te laat al het Australië in die laaste elf minute vier spelers weens geelkaarte verloor. […]
# President Cyril Ramaphosa het die naweek se massa-skietvoorvalle in die land veroordeel. Sewentien mense is by ‘n taverne in Wedela aan die Wes-Rand doodgeskiet, terwyl tien mense oor die naweek in Lwandle, Kaapstad, doodgeskiet is. Intussen is elf mense verlede week in ‘n massa-skietvoorval by ‘n huis in die KwaMakhutha-woonbuurt in Durban dood. Tydens […]
# Die polisie stel ondersoek in nadat die liggaam van ‘n elfde vrou gister langs ‘n spoorlyn in Struisbult, Springs, in Ekurhuleni gevind is. Die liggaam is volgens berigte opgemerk deur ‘n patrollievoertuig van ‘n sekuriteitsmaatskappy wat roetinepatrollies in die gebied uitgevoer het. Die jongste vonds volg te midde van ‘n voortgesette ondersoek na ‘n […]
# Die United Democratic Movement het die Departement van Basiese Onderwys se 2026 nasionale katalogus vir die grondslagfase verwelkom en gesê dit kan leesuitkomste vir graad een tot drie versterk. UDM-voorsitter Yongama Zigebe sê die verhoging van die aantal leesboeke van 12 na 40 per klas, met ‘n kernleesboek vir elke leerder, is ‘n betekenisvolle […]
# Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, het die skietery by ‘n taverne in Wedela, Carletonville, veroordeel. Die voorval het Saterdagaand die lewens van 17 mense geëis terwyl 15 gewond is. Volgens voorlopige berigte het agt gewapende mans op kliënte binne en buite die perseel losgebrand. Vyf mense is buite doodgeskiet en 12 binne. Volgens […]
# Die Noordwes Provinsiale Tesourie versterk ondersteuning aan munisipaliteite om die bestuur, besteding en rapportering van infrastruktuurtoelaes te verbeter. Die hoof van die Tesourie, Ndlela Kunene, sê effektiewe toelaebestuur is noodsaaklik om te verseker dat openbare fondse in infrastruktuur en dienste vir gemeenskappe omskep word. Hy sê oordragaansoeke is van tien munisipaliteite ontvang en sal […]
# Die DA sê die Minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, het bekendgemaak dat die geraamde koste vir die opknapping van Suid-Afrika se ambassadegeboue en ander buitelandse bates op 830-miljoen-rand te staan kom. Die party se Ryan Smith sê verslae oor die toestand daarvan, wat oor ‘n tydperk van drie jaar saamgestel is, […]
# Die Vereniging van Staatsamptenare het kommer uitgespreek oor die veiligheid van onderwysers in Noordwes ná die voorval waarin ‘n adjunkhoof by die Mammutla Secondary School met ‘n mes gesteek is. Die vakbond se woordvoerder, Claude Naicker, sê geweld, intimidasie en aanvalle op onderwysers, veral op skoolterreine, is onaanvaarbaar. Hy vra ook vir toepaslike ondersteuning […]
# Die Afrika Mayibuye Movement het die dood van 27 mense by kroeë in twee afsonderlike voorvalle in Gauteng en die Wes-Kaap oor die naweek veroordeel. Die beweging se woordvoerder, Sydney Baloyi, sê die Grondwet waarborg elke burger se reg op lewe, en die voortdurende geweld teen vroue en gemeenskappe is onaanvaarbaar. Hy sê arrestasies […]